Smoorsnoek
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendSmoorsnoek,´n heerlike Kaapse Maleies vis dis wat met snoek, aartappels en speserye gemaak word is gewoonlik met rys en moskonfyt bedien maar appelkoos konfyt kan ook gebruik word.
Bestanddele
1 gaar snoek
30 ml botter
5 ml olie
2 groot uie, fyn gekap
2 groen brandrissies, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 ryp tamaties, gekap
2 groot aartappels
500 ml gekookte rys
wit peper
vars pietersielie as garnering
Metode
Kook aartapples en sny in blokkies
Vlek die snoek met jou hande en haal al die grate uit
Hou dit eenkant om later te gebruik
Verhit die botter en olie in ´n pan en smoor die uie en knoffel oor lae hitte tot deurskynend
Voeg die brandrissies, tamaties en aartappelblokkies by
Roer die snoek deur en verhit terwyl dit geroer word
Indien die mengsel effens droog lyk, voeg nog ´n bietjie botter by
Roer die rys by en geur met witpeper en pietersiele.
Kategorie: Hoofgereg
Cuisine: Suid Afrikaans/Kaapse Maleies
Sub-Kategorie: Tradisioneel
Total Views: 4273
Word Count: 399
Comment on Twitter