Koeksisters
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendDie yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie!
Bestanddele
Stroop
1 kg suiker
5 ml kaneel
2,5 ml gemmer
500 ml water
Deeg
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
Diepbraai
500 ml sonneblom olie
Metode
Stroop
Gooi suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof
Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi
Laat die stroop oornag afkoel in die yskas
Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Deeg
Meng koekmeelblom, bakpoeier en sout
Vryf margarien in met jou vingers
Sny melk en water in die meel in, moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol die deeg uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte
Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank, sny die repe verder om elk drie bene te hê
Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.
Diepbraai
Verhit genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die koeksisters in te braai
Bak die gevlegte koeksisters in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het
Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop gedoop het
Haal die koeksister na so ‘n minuut uit
Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
Wenk
Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.
Kategorie: Soet Gebak
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel
Total Views: 8303
Word Count: 939
Comment on Twitter