Roosterkoek
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendRoosterkoek kan egter ook met suurdeeg gemaak word. Maak gewone brooddeeg aan, of gaan koop suurdeeg by die naaste supermark. Maak dit dan soos wat jy die roosterkoek met bruismeel hier onder sal maak.
Bestanddele
500 g bruismeel
7,5 ml sout
30 ml olie
250 ml plus 100 ml water
Metode
Gooi die meel en sout in ´n mengbak
Voeg die olie by die koppie water.
Maak ´n holte in die meel, sout, en gooi die water-oliemengsel daarin
Meng met ´n houtlepel – gooi nou nog van die water by
Die 100 ml behoort net reg te wees, maar aangesien die tipe ding deur allerhande natuurlike en wetenskaplike verskynsels beïnvloed word, moet jy dit sluk–sluk byvoeg.
Die deeg moet net–net nie meer taai wees nie, eerder glad
Knie dit so bietjie om te meng en vorm dan in ´n lang reghoek van ongeveer 8 cm breed en 1–2 cm hoog
Jy kan die oppervlak met nog meel bestrooi sodat dit nie vasplak nie.
Sny nou plat reghoekies met ´n breedte van ongeveer 5 cm. Jy sal tussen 10 en 12 roosterkoeke hiervan kan maak.
Hierdie reghoekies kan nou êrens op ´n meelbestrooide bord wag vir die vuur.
Die braaivleisvuur moenie te warm wees nie – die roosterkoeke brand maklik!
Pak dit aan die kante van die rooster, sodat dit nie direk in die vlamme is nie, maar eerder egalige hitte op die kantlyn ontvang
Draai gereeld om en moenie wegstap nie
Dis alles harde lesse om te leer, die dat ek dit so stiptelik uitspel!
Dit neem tussen 10 en 15 minute, alles hang af van hoe dik hulle is, breek maar een oop en kyk as jy twyfel.
Nou kan jy dit opdien: met botter en stroop of konfyt, of met maalvleis en kaas, of saam met jou braaivleis.
Kategorie: Bygereg
Cuisine: Suid Afrikaans
Sub-Kategorie: Tradisioneel
Total Views: 2813
Word Count: 520
Comment on Twitter