Waterblommetjie Bredie

Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-Friend
Waterblommetjie Bredie 

Waterblommetjie bredie is maar net groente, in die resep, waterblommetjies, wat met skaapvleis en geurmiddels lank en stadig gekook word sodat die eindproduk nóg vleis nóg groente is, maar ´n ineengestrengelde stuk heerlikheid. Kortweg ´n nuwe smaak, ´n nuwe smaakervaring.

Waterblommetjies kom in die Boland voor en word in September en Oktober gepluk. Waterblommetjies het ´n delikate, eiesoortige geur en daarom word daar nie sterk geurmiddels bygevoeg nie.

Voorbereiding Tyd:
Kook Tyd:
Totale Tyd:
Lewer: 6–8 porsies porsies
Bestanddele
  • 300 g vars waterblommetjies1

  • 1,5 kg skaaprugstring of dikrib, in stukkies gesny

  • 250 ml water

  • 10 ml sout

  • 5 ml peper

  • 2 uie, gekap

  • 2 knoffelhuisies, gekap

  • 2 heel naeltjies

  • 5 ml neutmuskaat

  • 250 ml droë witwyn

  • 1 bossie suring2

  • 6 baba aartappels, geskil en halveer

Metode
  1. Week die waterblommetjies oornag in soutwater en sny die stingels af

  2. Sprinkel die sout en peper oor die skaapvleis en braai die vleis tot bruin.

  3. Verwyder die vleis uit die pan

  4. Braai die uie en knoffel tot deurskynend

  5. Skep die vleis terug in die pan en voeg die res van die bestanddele by

  6. Laat dit stowe vir ongeveer 1½ uur todat die vleis sag is, moet dit nie onnodig roer nie.

  7. Bedien met rys.

Wenk
  1. As vars waterblommetjies nie beskikbaar is nie, gebruik 1 blik (410 g) ingemaakte waterblommetjies maar maak seker dat dit eers na so 45 minute bygevoeg word sodat dit nie wegkook nie

  2. Indien suring onbekombaar is, kan ´n groen tamatie of suurlemoen sap of ´n suur appel gebruik word.

  3. Dit is ook lekker om ´n bietjie room net voor bediening by te voeg

Kategorie: Hoofgereg

Cuisine: Suid Afrikaans

Sub-Kategorie: Tradisioneel

Total Views: 2841

Word Count: 545

Comment on Twitter

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"

Koeksisters
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Koeksisters
Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie!
Lees Meer »
Bier Brood
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Bier Brood
Bierbrood kan eenvoudig uit meel, bier en suiker gemaak word, maar as ´n bykomende rysmiddel (bv. koeksoda of suiker en gis) nie bygevoeg word nie, sal die…
Lees Meer »
Geelrys met Rosyntjies
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Geelrys met Rosyntjies
Suid Afrika se oudste rys dis, geelrys met rosyntjies is ook bekend as vendusierys of begrafnisrys. Toe die eerste vendusies in die Kaap gehou vas het koop…
Lees Meer »
Melktert
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Melktert
Melktert is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse soet deeg kors met 'n romerige vulsel gemaak van melk, meel, suiker en eiers wat baie maklik is om voor te bere…
Lees Meer »
Boerewors
Gepos 03.10.2009 in Resepte in Afrikaans
Boerewors
Die boerewors resep moet met goeie gehalte vleis gemaak word. Verwyder senings van vleis. Sny in klein stukkies om te maal. Moenie te veel vet byvoeg nie want…
Lees Meer »

Meer Resepte in "Resepte in Afrikaans"