Mopaniewurms
Gepos in Resepte in Afrikaans Tell-a-FriendMopaniewurms is so dik soos ´n man se vinger en omtrent sewe sentimeter lank. Mense versaamel die proteine-ryk wurms van die mopanibome, verwyder die derms en braai hulle, of druk hulle plat en los hulle buite om droog te word. In die vorm kan hulle vir maande gestoor word.
Bestanddele
gedroogde mopaniewurms
tamaties, gesny
uie, gekap
botter
rooirissiesous na smaak
sout, peper en knoffelsout na smaak
Metode
Week mopaniewurms in water tot sag
Braai uie in botter
Voeg res van bestanddele by en prut oor lae hitte tot sag
Bedien met pap.
Kategorie: Bygereg
Cuisine: Africa
Sub-Kategorie: Inheems
Total Views: 2808
Word Count: 300
Comment on Twitter