
´n Heerlike resep gemaak met maalvlies en appelsous.
Frikkadelle
500 g maalvleis
2 snye dik bruinbrood, korsies verwyder en in water geweek
1 ui geskil en gekap
1 ml neutmuskaat
1 ml fyn gemmer
sout en peper na smaak
1 eier geklits
olie
Sous
1 ui geskil en in ringe gesny
2 knoffelhuisies fyngedruk
2 to 3 appels, geskil en in blokkies gesny
15 ml sojasous
250 ml water
10 ml fyngekapte vars salie
2 ml fyn gemmer
10 ml suiker
mielieblom
Frikkadelle
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle liggies in ´n groot mengbak. Vorm sowat 12 frikkadelle. Verhit olie in ´n pot en braai frikkadelle tot bruin. Skep frikkadelle uit en hou eenkant.
Sous
Sorteer ui en knoffel in dieselfde pot tot sag. Voeg die appelblokkies by en roerbraai sowat 5 minute tot glansig. Giet sojasous en water by en verhit tot kookpunt. Voeg res van die bestanddele by behalwe mielieblom. Laat prut tot die appels byna sag is en die sous effens afgekook is.
Voeg die frikkadelle by en sit deksel op. Laat prut oor lae hitte tot die appels sag is en die frikkadelle gaar is. Verdik die sous met die mielieblom wat aangemaak is met ´n bietjie water. Laat sous verdik. Bedien met kapok aartappels.
Cuisine: Wêreldwyd
Kategorie: Hoofgereg